Wednesday, July 4, 2007

Die (Nuwe) Helde Akker

Ek en my goeie vriend Peet was nie regtig lus gewees om vandag terug te gaan Arebbusch toe nie, so toe besluit ons om maar net te ry tot ons moeg is...

Met die geryery kry ons toe die afdraai na die Helde Akker toe. Wel die standbeeld het impressive gelyk van die pad af en ons besluit dit is dat 'n goeie manier om ons middag te spandeer...

Die Helde Akker is opgerig nadat Namibia in 1993 hulle "independance" gekry het. Voor 1993 het was Namibia deel van die Suid Afrikaanse geskiedenis.

Die plek was al toe gewees toe ons daar aankom, maar met 'n bietjie mooipraat en smeek het die "parkie polisieman" ons toegelaat om in te gaan. Dit het ongelukkig beteken dat ons self moes besluit wat die storie agter die storie is. Nodeloos om te se Namibia se "stuggle" sal nooit weer dieselfde wees nie.

Ons het nie regtig besef hoeveel trappe daar was om te klim nie, maar ons het dit maar trappie vir trappie gevat, maar kom ons begin by die begin.

Daar is 'n vlam wat hulle vir ewig probeer aan die gang hou, maar ek het so baie gas geruik dat ek nie kan dink dat alles meer lekker werk nie... Dit het 'n rukkie gevat om vir Peet se skaduwee uit die foto te kry, maar na 'n bietjie vloek en skree het hy ook beter verstaan waar ek wil he hy moet staan: "Uit die (&*^ pad uit..."

Toe is dit ons en die trappe. Ek dink nie een van ons het besef hoe onfiks ons regtig is nie, want teen die tyd wat ons by die 2de stel trappe gekom het het ons geblaas soos twee perde wat aan die Durban July deelgeneem het...

Net om vir julle 'n idee te geen van hoe groot die plek is... dit is Peet wat in rooi sirkel staan.

Ons het geweet die standbeeld en die "Obelix" is groot, maar teen die tyd wat ons bo gekom het, maar met die hoeveelheid Kopper wat in die beeld gebruik is kan enige man skatryk maak.

Net soos my geluk dit sou wou he, was daar natuurlik nog trappe gewees toe ons dink ons het dit nou tot bo gemaak. Daar was 'n uitkyk plek gewees wat mens regtig oor al die berge en Winhoek uitkyk. Net soos 'n toeris nou maar is moet daar natuurlik weer grappies gemaak word met die "Obelix" wat so voor ons gestaan en wag het....
Nou was ons so hoog gewees soos wat ons kon gaan, en dit was regtig 'n baie mooi "view" oor die stad gewees...


Nou was dit die lang pad weer af by al die trappe, ek moet erken ek was redelik die hel in gewees toe ek besef het ek kon met die bakkie gery het tot heel bo... In die rooi sirkel is die bakkie, as dit ver lyk op die foto, dink net hoe voel dit as jy nounet al die trappe opgeklim het.
Dit was dan die einde van 'n baie suksesvolle dag gewees, en ek het BAIE lekker geslaap daardie aand.

Monday, July 2, 2007

Die lang pad na Windhoek (Continued)

Mmm, ek was veronderstel om vanaand in Windhoek te slaap. Ongelukkig het die mense by die grens nie dieselfde daaroor gevoel nie.

Ek het so 5:30 vanoggend die lang pad aangedurf Windhoek toe... by die Suid-Afrikaanse grenspos gekom en sonder enige probleme deurgegaan. Ek het aangeneem dat ek nou deur die grens is sonder enige probleme. Ek het almal laat weet dat ek deur is en hulle sal laat weet as ek in Windhoek aankom... Min het ek geweet dat ek 20km verder weer 'n grenspos sou kry... die Namibiese grenspos.

Nou ons het verwag dat ons moontlike probleme sou ondervind met die grenspos, maar BCX het vir ons dokumente gegee en hulle het ons mee verseker het dat daar geen probleme sou wees as ons vandag inkom nie. Nou-ja...

Ek het maar weer gestop en vir die mense my papierwerk gegee en aangeneem dat hulle my paspoort sal "stamp" en my laat deurgaan. Ongelukkig was ek nie so gelukkig nie. Toe hulle sien ek kom deur vir besigheid was hulle vol vrae gewees en wou my werksvisa sien. Ek het natuurlik nie eengehad nie, maar was vol selfvertroue gewees toe die "official" nie my paspoort wou teruggee nie. Ek was onder die indruk dat sy wag dat haar kollega uit die kantoor uit sou gaan sodat ek vir haar iets kon gee as motiveering...

Ek was nie so gelukkig gewees nie. Sy het uiteindelik my paspoort ge-"stamp", maar sy het ook 'n inskrywing gemaak en vir my 'n document gegee om te teken. Die dokument het daarop neergekom dat as ek weer probeer om Namibia in te kom sonder 'n werksvisa sou hulle my kon toesluit vir 5 jaar. Onnodig om dit te se, maar ek het gesorg dat ek my agterent so gou as moontlik weer in Suid Afrika kry, ek was wragtig nie lus om vir 5 jaar in 'n tronk te gaan sit nie...

So ja, nou sit ek weer hier in Libby's Lodge in Upington (320km later) en wag maar om te sien hoe lank dit gaan wees voor ek in Namibia toegelaat gaan word, maar intussen gaan ek lekker sit en vakansie hou...

Die lang pad na Windhoek

Ek het vandag die lang pad Windhoek toe aangedurf met die bakkie. Ek wens ek kon se dit was lekker gewees, maar dit my agterent is redelik deurgesit tot waar ek nou is.

Ek het vanoggend so in die omgewing van 10:00 weggekom uit Westonaria uit en het so 17:15 in Upington aangekom. Ek het meer van die plek verwag en terme van size, maar die plek is nie te sleg nie.

Ek het in 'n gastehuis genaamd Libby's Lodge ingeboek vir die aand. Dit is 'n pragtige plek met al die kamers wat uitloop op die swem- en braaiaria, maar ek dink nie ek gaan vanaand daarvan gebruik maak nie.
1. Dit is te blerry koud in die plek; en
2. Ek is te moeg van die geryery.

Ek het darem nou so 750 km agter die rug wat beteken ek het nog so 900km om te gaan more oggend...

To be continued...